WÊRELDOORSIG | Die jaar 2025 in foto’s

Saamgestel en uitgelê deur Deon Raath

Swane swem in Wateringbury, Engeland, in die vloedwater van die Medway-rivier wat op 7 Januarie 2025 sy oewers oorstroom het. Foto: Getty Images

Mense staan tou op 8 Januarie 2025 om hulde te bring terwyl die kis van oudpres. Jimmy Carter van Amerika, wat op 29 Desember 2024 in die ouderdom van 100 gesterf het, in staatsie lê by die Amerikaanse Kongresgebou in Washington DC . Foto: Reuters

’n Motorfietsryer stop op 8 Januarie 2025 om te kyk na ’n brandende huis tydens die Eaton-brand in Los Angeles, Kalifornië. Die brand is aangedryf deur uiterste droogte en 'n sterk Santa Ana-wind. Foto: AFP

'n Amerikaanse vlag wapper op 8 Januarie 2025 tussen die puin van afgebrande geboue terwyl 'n kragtige wind verwoestende veldbrande in die Los Angeles-gebied aanblaas. Die brande dwing inwoners van die Pacific Palisades-buurt om na veiligheid te vlug. Foto: Reuters

Nooddiensvoertuie ry op 15 Januarie 2025 verby afgebrande strandhuise in Malibu, Kalifornië, wat in die Palisades-brand in puin gelê is. Tientalle veldbrande wat deur 'n intense Santa Ana-wind aangeblaas is, woed steeds oor die Los Angeles-distrik heen, met ten minste 25 mense wat omgekom het en meer as 12 000 strukture wat verswelg is. Foto: Getty Images

Hierdie lugfoto van 19 Januarie 2025 toon ontheemde Palestyne wat terugkeer na die Djabalia-vlugtelingkamp in die noorde van die Gasastrook wat in oorlogvoering verwoes is. Dit is kort voor die eerste skietstilstand ná 7 Oktober 2023 tussen Israel en Hamas in werking tree. Foto: AFP

Donald Trump, Amerika se verkose president, dans op die verhoog terwyl die Village People optree tydens 'n saamtrek op 19 Januarie 2025 in Washington DC. Dit is die dag voor sy inhuldiging as president in sy tweede termyn. Foto: Reuters

Elon Musk maak gebare op die verhoog in die Capital One-arena tydens Donald Trump se tweede presidensiële inhuldiging in Washington DC op 20 Januarie 2025. Foto: Reuters

Gevangenes op 27 Januarie 2025 in 'n sel by die Cecit-mega-gevangenis in Tecoluca, El Salvador, waar honderde lede van die MS-13- en 18 Street-bende aangehou word. Dit is die grootste gevangenis in Latyns-Amerika en deel van pres. Nayib Bukele se oorlog teen bendes. Foto: AFP

Palestyne wat tydens die oorlog op bevel van Israel na die suide verskuif is, keer op 27 Januarie 2025 terug na hul huise in die noorde van die Gasastrook te midde van 'n skietstilstand tussen Israel en Hamas. Die foto is in die sentrale Gasastrook geneem. Foto: Reuters

Hierdie lugfoto toon ontheemde inwoners van die Gasastrook wat op 27 Januarie 2025 na die stad Gasa loop nadat hulle die Netzarim-korridor vanaf die suidelike Gasastrook oorgesteek het. Hulle dra hul besittings in plastiek- en meelsakke nadat Israel die toegangsroete na die noorde heropen het. Foto: AFP

Noodhulpeenhede fynkam vliegtuigwrakstukke in die Potomac-rivier naby die Ronald Reagan Washington-lughawe in Arlington, Virginië, op 30 Januarie 2025. ’n Vliegtuig van American Airlines wat van Wichita in Kansas op pad was, het teen 'n helikopter gebots terwyl dit die lughawe genader het. Foto: Getty Images

'n Seun dryf op 1 Februarie 2025 in Goma in die Demokratiese Republiek die Kongo met ’n waterkan wat hy probeer vul te midde van 'n tekort aan drinkwater terwyl M23-rebelle wat deur die Rwandese regering gesteun word, beheer van die stad oorneem. Foto: Getty Images

Reddingswerkers in Poltawa, Oekraïne, dra op 1 Februarie 2025 die oorskot van ’n slagoffer wat onder die puin van ’n woonstelgebou gevind is wat in ’n Russiese missielaanval getref is. Foto: Reuters

'n Groep voornemende polisierekrute wat gereed is om by gewapende mag van die M23-rebelle aan te sluit, salueer vir die kamera in die binnehof van 'n polisiestasie in Goma in die Demokratiese Republiek die Kongo op 6 Februarie 2025. Dit volg nadat die M23-rebellegroep beheer oor die stad geneem het. Foto: AFP

Elon Musk, Tesla en SpaceX se uitvoerende hoof, en sy seun X Æ A-Xii in die Oval Office van die Withuis in Washington DC op 11 Februarie 2025 saam met pres. Donald Trump terwyl hy uitvoerende bevele onderteken. Foto: AFP

Beeldmateriaal geneem met ’n hommeltuig toon betogers wat 15 minute van stilte eerbiedig ter nagedagtenis aan die slagoffers wat in November 2024 omgekom het of beseer is toe die dak van die Novi Sad-treinstasie in Serwië in duie gestort het. Die betoging is op 15 Februarie 2025 in Kragujevac, Serwië, gehou. Foto: Reuters

Lede van die Kongolese Rooi Kruis dra op 20 Februarie 2025 lyksakke met menslike oorskot in die Musigiko-begraafplaas in Bukavu tydens ’n massabegrafnis vir slagoffers van gevegte in die ooste van die Demokratiese Republiek die Kongo. Die oorledenes is dood in die konflik met die M23-rebellegroep. Foto: AFP

Gemeenskapslede en gesondheidswerkers van die Kongolese Rooi Kruis staan op 20 Februarie 2025 langs ’n massagraf tydens die teraardebestelling van 18 mense by die Musigiko-begraafplaas in Bukavu, Demokratiese Republiek die Kongo. Die Rwandees gesteunde rebellegroep M23 het beheer van die stad geneem. Foto: Getty Images

Pres. Donald Trump van Amerika in gesprek met pres. Wolodimir Zelenski van Oekraïne by die Withuis in Washington DC op 28 Februarie 2025 terwyl JD Vance, visepresident, ’n hou probeer inkry. Foto: Reuters

Mense kom op 2 Maart 2025 op die tweede dag van Ramadan in die Tal al-Hawa-distrik in die stad Gasa byeen by die puin van verwoeste geboue vir ’n gemeenskaplike iftar-maaltyd, waartydens hulle hul vas gebreek het. Dit het plaasgevind te midde van die voortdurende skietstilstand tussen Israel en Hamas. Foto: AFP

’n Afgaanse winkelier vervang pruike op die koppe van winkelpoppe in sy onderneming in Kaboel op 13 Maart 2025. Dit het gevolg op ’n verbod deur die Taliban-owerheid op die verkoop van mensehare en ander liggaamsdele. Foto: AFP

Pres. Donald Trump (links) van Amerika en Elon Musk praat voordat hulle die Withuis verlaat op pad na Trump se huis in Mar-a-Lago, Florida op 14 Maart 2025. Foto: AFP

Donald Trump, Amerikaanse president, kyk af vanuit die presidentslosie in die Operahuis in die John F. Kennedy-sentrum vir die uitvoerende kunste tydens ’n besoek op 17 Maart 2025 in Washington DC. Trump het homself as voorsitter van die instelling vir musiek, teater en dans aangestel. Foto: Getty Images

Natalia (51), ’n ma van drie wat dien as ’n gevegsmedikus in die 24ste Gemeganiseerde Brigade, neem deel aan ’n veldoefening op 18 Maart 2025. Dit het plaasgevind op 'n ongeïdentifiseerde plek in Oos-Oekraïne te midde van Rusland se inval. Foto: AFP

Polisiebeamptes spuit ’n betoger in derwisj-klere met pepersproei tydens 'n protes op 23 Maart 2025 in Istanbul, Turkye. Die betoging het plaasgevind nadat Ekrem Imamoglu, die burgemeester, as deel van ’n korrupsie-ondersoek gevange geneem is. Foto: Reuters

Die miljardêr-sakeman Elon Musk kom met 'n hoed in die vorm van ’n kaaswig aan by ’n gemeenskapsbyeenkoms in die KI-konvensiesentrum in Green Bay, Wisconsin op 30 Maart 2025. Foto: Getty Images

SpaceX lanseer die Falcon 9-vuurpyl van sy Fram2-missie vanaf Nasa se Kennedy-ruimtesentrum op 31 Maart 2025 in Titusville, Florida. Vier toeriste-ruimtevaarders het aan die missie deelgeneem en dit was die eerste ruimtevlug met mense daarop wat in ’n polêre satellietbaan beweeg. Foto: Getty Images

Mense naby die konstitusionele hof in Seoel is oorstelp op 4 April 2025 nadat Yoon Suk Yeol as president van Suid-Korea verwyder is. Foto: Reuters

Khumo Maake, ’n aktivis van Check Mate, neem deel aan ’n betoging op 11 April 2025 in Pretoria waarin geëis word dat geslagsgeweld en moord op vroue as ’n nasionale ramp verklaar moet word. Check Mate is ’n organisasie wat eis dat verpligte identiteitsnakoming op kuierafsprake-apps ingevoer word. Foto: AFP

’n Student in ’n beskermende uitrusting nader ’n opgestopte kameelperd op ’n “misdaadtoneel” wat die Wildlife Forensic Academy naby Kaapstad op 16 April 2025 opgestel het. Die akademie bied onderrig aan in ondersoekvaardighede om wildstropers vas te vat. Foto: AFP

’n Man in ’n hemp met die woorde “Eat the Rich” word in hegtenis geneem tydens ’n betoging teen die Trump-administrasie op 19 April 2025 in Washington DC. Volgens die polisie is hy in hegtenis geneem nadat hy na bewering ’n teenstander aangerand het. Foto: Getty Images

Bruide en bruidegomme arriveer om deel te neem aan ’n massa-huwelikseremonie by die Internasionale Pinkster-Heiligheidskerk in Zuurbekom, wes van Johannesburg op 20 April 2025. As deel van die Paasfeesgeleentheid het meer as 54 egpare, onder wie mense wat vir die eerste keer in die huwelik tree én wat poligamiese verbintenisse aangaan, aan mekaar trou beloof. Foto: Reuters

Mense woon die begrafnismis van pous Franciskus by in die Vatikaan op 26 April 2025. Pous Franciskus is op 21 April in die ouderdom van 88 jaar oorlede. Foto: Reuters

Oekraïne se pres. Wolodimir Zelenski (regs) ontmoet pres. Donald Trump (links) van Amerika tydens pous Franciskus se begrafnis by die St. Petruskerk in die Vatikaan op 26 April 2025. Foto: Getty Images

Olena Shliahina (38) poseer vir ’n foto ná ’n repetisie vir die uitvoering van die komponis Frédéric Chopin se ballet ‘Les Sylphides’ (oftewel ‘Chopiniana’). Dit was die eerste uitvoering sedert Rusland se oorlog in Oekraïne in 2022 begin het. Die opvoering is op 27 April 2025 in die ondergrondse deel van die nasionale akademiese opera-en-balletteater in Charkif, Oekraïne, gehou. Foto: Reuters

'n Vliegtuig van Yemenia Airways is beskadig in lugaanvalle wat op 7 Mei 2025 deur Israeliese vegvliegtuie by die Sana'a- internasionale lughawe in Jemen uitgevoer is. Hoethi-owerhede sê minstens drie mense is dood in Israel se aanval op die hoofstad se hooflughawe. Foto: Getty Images

Wit rook styg op 8 Mei 2025 op uit die skoorsteen van die Sistynse kapel, wat aandui dat 'n nuwe pous in die Vatikaan verkies is. Foto: Reuters

Die pas verkose pous Leo XIV, kardinaal Robert Prevost van Amerika, verskyn op die balkon van die St. Petrus-basiliek in die Vatikaan op 8 Mei 2025. Foto: Reuters

21 Mei 2025: Pres. Donald Trump van Amerika wys afskrifte van nuusartikels ten tyde van 'n ontmoeting met pres. Cyril Ramaphosa in die Oval Office in die Withuis in Washington DC. Foto: Getty Images

Pres. Emmanuel Macron van Frankryk word op 25 Mei 2025 in die gesig gedruk deur sy vrou, Brigitte, toe die egpaar in Viëtnam aankom om 'n toer van Suidoos-Asië te begin. Die aankoms was by die Noi Bai- internasionale lughawe in Hanoi. Foto: Reuters

Frankryk se pres. Emmanuel Macron (regs) praat met Sébastien Lecornu, verdedigingsminister, ná 'n kransleggingseremonie by die monument van nasionale helde en martelaars in Hanoi, Viëtnam, op 26 Mei 2025. Foto: AFP

Die berg Etna ten tyde van ’n uitbarsting, met vulkaniese rook wat opstyg uit die suidoostelike krater op 2 Junie 2025 in Catania, Italië. 'n Oranje lugvaartwaarskuwing is uitgereik. Foto: Getty Images

Betogers gooi op 7 Junie 2025 by 'n betoging oor immigrasie in Paramount, Kalifornië, vuurwerk na beamptes van Los Angeles se sheriff-kantoor. Skermutselings het tussen die Amerikaanse grenspatrollie en betogers uitgebreek nadat beamptes van die agentskap vir immigrasie en doeanetoepassing (ICE) by 'n Home Depot-tak toegeslaan het. Foto: Getty Images

Polisiebeamptes verwyder betogers wat 'n straat met versperrings blokkeer in 'n betoging teen federale teen-immigrasie-klopjagte in Los Angeles, VSA op 8 Junie 2025. Foto: Reuters

'n Gewonde Palestynse vrou word op 9 Junie 2025 gedra nadat sy uit die puin van 'n huis in die noorde van die Gasastrook verwyder is. Die huis is in 'n Israeliese aanval getref. Foto: AFP

'n Groep betogers in Nairobi hardloop na skuiling op 12 Junie 2025 terwyl 'n traangastoestel na hulle gegooi word ten tyde van 'n betoging oor die dood van die Keniaanse blogger Albert Ojwang, wat in polisieaanhouding dood is. Dit het gebeur terwyl die regering die 2025-'26-begrotingsverklaring aangebied het. Foto: AFP

'n Persoon loop verby die puin nadat 'n Air India-vliegtuig wat na Londen se Gatwick-lughawe onderweg was, kort na opstyging vanaf 'n lughawe in Ahmedabad, Indië, neergestort het op 12 Junie 2025. Foto: Reuters

Franse polisiebeamptes gaan die water op 13 Junie 2025 in Gravelines in om migrante te keer wat op klein bote probeer klim wat hulle kom haal het. Die polisie het traangas en pepersproei gebruik om honderde migrante uiteen te jaag, maar is deur die groot getalle mense oorweldig. Foto: Getty Images

Inwoners kyk na die skade aan geboue in die Noboniad-plein ná Israeliese lugaanvalle in Teheran, Iran, op 13 Junie 2025. Drie van Iran se senior militêre generaals is dood in die aanvalle wat ook kern- en militêre geriewe geteiken het. Foto: Getty Images

Lede van die Amerikaanse weermag bestuur Bradley-gevegsvoertuie by die 250ste herdenkingsparade van die weermag op 14 Junie 2025 in Washington DC. Die parade vorm deel van die weermag se 250ste bestaansjaarvieringe waaraan ongeveer 6 600 troepe, 150 voertuie en meer as 50 vliegtuie deelgeneem het. Foto: Getty Images

Israeliese lugverdedigingstelsels word vroeg op 18 Junie 2025 geaktiveer om Irannese missiele bo die Israeliese stad Tel Aviv te onderskep. Dit was deel van die hewigste konfrontasie ooit tussen Israel en Iran. Foto: AFP

'n Lid van die onlustepolisie word deur betogers gered terwyl sy wegstap van 'n woedende skare by 'n jeugbetoging op 25 Junie 2025 in Nairobi, Kenia. Die betoging was deel van die eerste herdenking van 2024 se teenregeringsbetogings teen 'n finansiële wetsontwerp, wat meer as 60 lewens geëis het. Foto: Getty Images

Die son kom op oor die Eiffeltoring en die Sacre Coeur-basiliek op die Montmartre-heuwel in Parys op 1 Julie 2025. 'n Rooi waarskuwing vir hoë temperature is vir die stad uitgereik terwyl 'n hittegolf Europa in sy greep het. Foto: AFP

'n Meisie maak haar kop nat by 'n fontein te midde van temperature van meer as 40 grade Celsius op 2 Julie 2025 in Berlyn, Duitsland. Weerkundiges voorspel rekordhoë temperature terwyl 'n hittegolf die land tref. Foto: Getty Images

Binnelandse toeriste besoek die strand by die Wonsan-Kalma-kustoeristegebied in Noord-Korea se Kangwon-provinsie op 1 Julie 2025. Noord-Korea het 'n reusevakansieoord aan sy ooskus geopen wat volgens berigte ook Russiese besoekers gaan lok. Foto: AFP

Moshtari (30), Nooria (26) en Nargis (28) gesels in 'n kamer by die Internasionale Organisasie vir Migrasie se oorgangsentrum in Herat, Afganistan, nadat hulle uit Iran gedeporteer is op 4 Julie 2025. Meer as 256 000 Afgane het Iran noodgedwonge in Junie verlaat voor 'n sperdatum wat deur die regering vasgestel is. Foto: Getty Images

'n Gepantserde gevegsvoertuig word gebruik om 'n soldaat uit 'n infanterieposisie te red tydens 'n mediese ontruiming op 21 Julie 2025 in die Donetsk-streek, Oekraïne. Die ontruiming het plaasgevind op die grens tussen Donetsk en Dnipropetrovsk. Foto: Getty Images

Palestynse kinders wag vir 'n maaltyd by 'n sopkombuis in die Mawasi-gebied van Khan Younis in die suidelike Gazastrook op 22 Julie 2025. Dit te midde van 'n verwoestende aanval deur Israeliese magte. Foto: AFP

Op hierdie lugfoto kan gesien word hoe Jordaniese lugmagpersoneel in 'n militêre vliegtuig humanitêre noodvoorraad laat val in die stad Gasa op 6 Augustus 2025. Dit vorm deel van pogings om die ernstige tekort aan voedsel en ander noodsaaklikhede in die oorloggeteisterde gebied te verlig. Foto: Getty Images

William Gregorio en sy seun, Yamry, poseer op 12 Augustus 2025 waar hul familie se huis vroeër gestaan het op Pugad-eiland, Filippyne. Die huis is verswelg deur die stygende gety wat die land se kusgebiede bedreig. Foto: Getty Images

Inwoners gebruik boomtakke om die vlamme van 'n veldbrand te probeer blus in die Vilar de Condes-gebied, Spanje op 15 Augustus 2025. Foto: Reuters

Donald Trump, Amerikaanse president, en sy Russiese eweknie, Wladimir Poetin, kom aan by die Elmendorf-Richardson-basis in Anchorage, Alaska op 15 Augustus 2025. Die twee leiers ontmoet vir samesprekings wat daarop gemik is om die oorlog tussen Rusland en Oekraïne te beëindig. Foto: Getty Images

President Donald Trump van die VSA (regs) steek sy hand uit om blad te skud met president Wladimir Poetin van Rusland terwyl hulle poseer op 'n podium op die aanloopbaan by die Elmendorf-Richardson-basis in Anchorage, Alaska op 15 Augustus 2025. Dit is Poetin se eerste besoek aan 'n Westerse land sedert hy in 2022 opdrag gegee het vir die Russiese inval van Oekraïne. Foto: AFP

'n Hominoïede robot neem deel aan 'n 400 m-wedloop by die eerste Humanoïede Robot-Wêreldspele in die Nasionale Spoedskaatsstadion in Beijing, China, op 15 Augustus 2025. Foto: Reuters

Lede van die 18de Sloviansk-brigade se teenhommeltuigeenheid is besig om Russiese hommeltuie te onderskep op 20 Augustus 2025 in die Donetsk-streek in Oekraïne. Die eenheid ontvang inligting oor naderende Russiese Shahed-hommeltuie. Foto: Getty Images

'n Groep migrante klim aan boord van 'n opblaasbare rubberboot om die Engelse Kanaal na Brittanje oor te steek vanaf die strand by Petit-Fort-Philippe naby Calais, Frankryk op 25 Augustus 2025. Foto: Reuters

Betogers geklee as diensmaagde uit The Handmaid's Tale betoog naby 'n foto van president Donald Trump buite die departement van Arbeid in Washington DC. Aktiviste hou in September verskeie protesoptogte terwyl politici van hul somervakansie terugkeer. Foto: Getty Images

'n Persoon raak aan die kis van die Italiaanse ontwerper Giorgio Armani wat in staatsie lê by die Armani/Teatro in Milaan, Italië op 6 September 2025. Hy is twee dae tevore in die ouderdom van 91 dood. Foto: Reuters

'n Brand woed in die Singha Durbar, die administratiewe gebou van Nepal se regering, in Katmandoe op 9 September 2025. Dit volg na die polisie se onderdrukking van betogings teen regeringskorrupsie en 'n verbod op sosiale media waarin minstens 51 mense dood is. Foto: AFP

Betogers juig terwyl Nepal se parlementsgebou in die hoofstad Katmandoe brand tydens 'n betoging teen korrupsie en 'n sosialemediaverbod op 9 September 2025. Die eerste minister het kort daarna bedank en die sosialemediaverbod is opgehef. Foto: Reuters

Misdaadtoneellint wapper op 11 September 2025 voor 'n 9/11-gedenkteken na die sluipmoord op die politieke aktivis Charlie Kirk tydens 'n geleentheid by die Utah Valley-universiteit in Orem, Utah. Dit terwyl die owerhede soek na die verdagte wat Kirk, die stigter van Turning Point USA, doodgeskiet het terwyl hy by die universiteit gepraat het. Foto: Getty Images

Betogers wat die Union Jack en St. George se Engelse vlag rondswaai, drom saam tydens die "Unite The Kingdom"-byeenkoms op Westminster-brug in Londen op 13 September 2025. Die regse aktivis Tommy Robinson en sy ondersteuners het die byeenkoms georganiseer. Foto: Getty Images

'n Meisie loop huis toe nadat sy waterhouers by 'n watertenkwa gaan haal het op 17 September 2025 in Kaboel, Afganistan. Sy woon op 'n heuwel waar direkte toegang tot water onmoontlik is weens die hoogte. Foto: Getty Images

Donald Trump, Amerikaanse president, omhels Erika Kirk tydens 'n gedenkdiens vir haar eggenoot, die vermoorde konserwatiewe kommentator en aktivis Charlie Kirk, in die State Farm-stadion in die deelstaat Arizona op 21 September 2025. Foto: Reuters

'n Voertuig staan op die rand van 'n gat in die grond nadat 'n pad naby 'n hospitaal in Bangkok, Thailand ineengestort het op 24 September 2025. Die voorval het 'n gat van tientalle meter diep voor die hospitaal veroorsaak en inwoners van die omgewing moes ontruim word. Foto: AFP

'n Man berei voor om 'n beskadigde motor met 'n plastiekblad te bedek na 'n Russiese lugaanval op die buitewyke van Kijif op 28 September 2025. Minstens vier mense is in die aanval dood, insluitend 'n 12-jarige meisie. Foto: AFP

Die koepel van die Amerikaanse Kongresgebou in Washington DC is op 2 Oktober 2025 sigbaar agter 'n standbeeld van president Donald Trump en die veroordeelde seksoortreder Jeffrey Epstein wat hande vashou. Die standbeeld is teruggebring nadat dit die vorige week deur die nasionale parkdiens verwyder is weens permitoortredings. Foto: Getty Images

Polisiebeamptes hardloop weg van vlamme tydens 'n betoging op 2 Oktober 2025 wat gehou is op die 57ste herdenking van die Tlatelolco-plein-slagting in Mexikostad in 1968. Die weermag het destyds honderde betogende studente doodgeskiet. Foto: Reuters

'n Betoger staan in die rook van 'n rookgranaat buite 'n fasiliteit van die Amerikaanse agentskap vir immigrasie- en doeane-afdwinging (ICE) op 4 Oktober 2025 in Portland, Oregon. Die fasiliteit het 'n fokuspunt geword van protesoptogte teen die Trump-administrasie se immigrasiebeleid. Foto: Getty Images

Die koepel van die Amerikaanse Kongresgebou troon op 8 Oktober 2025 uit bo bousandsakkies op die National Mall in Washington DC tydens die gedeeltelike federale regeringsluiting weens 'n twis oor die begroting tussen die Republikeine en die Demokrate. Foto: Reuters

'n Persoon hou 'n Israeliese vlag vas terwyl 'n helikopter met vrygelate gyselaars opstyg in Reim, Israel op 13 Oktober 2025. Die gyselaars is vrygelaat as deel van 'n gevangene-gyselaar-uitruil- en wapenstilstandooreenkoms tussen Israel en Hamas. Foto: Reuters

'n Vrygelate Israeliese gyselaar, Ziv Berman, bal sy vuis vanuit 'n helikopter terwyl hy by 'n mediese sentrum in Ramat Gan, Israel aankom op 13 Oktober 2025. Hy is een van 48 gyselaars wat vrygelaat is as deel van die wapenstilstand tussen Israel en Hamas. Foto: Getty Images

Palestynse gevangenes wat deur Israel vrygelaat is as deel van 'n gyselaar-gevangene-uitruil- en wapenstilstandooreenkoms maak oorwinningsgebare in Khan Younis, Gazastrook op 13 Oktober 2025. Foto: Reuters

'n Man groet 'n Palestynse gevangene wat deur Israel vrygelaat is in Khan Younis, Gazastrook op 13 Oktober 2025. Foto: Reuters

Ondersteuners van die Keniaanse opposisieleier Raila Odinga soek skuiling nadat geweerskote en traangas afgevuur is tydens 'n byeenkoms waar hy in staatsie gelê het by die Kasarani-stadion in Nairobi op 16 Oktober 2025. Odinga is tydens 'n besoek vir mediese behandeling aan Indië in die ouderdom van 80 oorlede. Foto: AFP

'n Forensiese beampte ondersoek die gebreekte venster en die balkon van 'n galery by die Louvre-museum in Parys, Frankryk na 'n rooftog op 19 Oktober 2025. Historiese juwele wat aan Napoleon Bonaparte en keiserin Josephine behoort het, is gesteel. Foto: Getty Images

Hierdie lugfoto toon Palestyne wat 54 ongeïdentifiseerde liggame begrawe in 'n begraafplaas in Deir al-Balah, Gasastrook op 22 Oktober 2025. Die oorskot is deur Israel terugbesorg ingevolge 'n Amerikaans-bemiddelde wapenstilstandooreenkoms. Foto: AFP

'n Graafmasjien word ingespan om bourommel te verwyder nadat die oostelike vleuel van die Withuis gesloop is op 23 Oktober 2025 in Washington DC. Die sloping vorm deel van president Donald Trump se plan om 'n peperduur balsaal aan die oostekant van die Withuis te bou. Foto: Getty Images

Motors is begrawe in modder nadat Orkaan Melissa die omgewing van Petit-Goave, Haïti, op 30 Oktober 2025 getref het. Die orkaan het 'n spoor van verwoesting agtergelaat. Foto: AFP

Donald Trump, Amerikaanse president, groet president Xi Jinping van China voor 'n bilaterale ontmoeting by die Gimhae-lugmagbasis in Busan, Suid-Korea op 30 Oktober 2025. Trump ontmoet Xi vir die eerste keer sedert sy tweede termyn begin het na maande van toenemende spanning tussen die twee lande. Foto: Getty Images

’n Hommeltuigfoto wys ’n vrou wat op 5 November 2025 in Talisay, Filippyne, op ’n gebreekte paal sit te midde van die skade wat veroorsaak is deur tifoon Kalmaegi. Foto: Reuters

Wêreldleiers van verskeie lande, insluitend Turkye, Japan, Indonesië, China, Australië, Brasilië en Suid-Afrika, poseer op 22 November 2025 by die G20-leiersberaad in Johannesburg, Suid-Afrika, vir die “familiefoto”. Die Verenigde State van Amerika het die gebeurtenis geboikot weens besware teen Suid-Afrika se G20-voorsitterskap. Foto: Getty Images

Pres. Emmanuel Macron van Frankryk omhels pres. Cyril Ramaphosa van Suid-Afrika op 23 November 2025 op die tweede dag van die G20-leiersberaad in Johannesburg voordat hy Suid-Afrika verlaat het. Die Verenigde State van Amerika het die leiersberaad geboikot. Foto: Getty Images

’n Hommeltuigopname toon mense wat op 23 November 2025 in ’n oorstroomde gebied in die Hat Yai-distrik in Thailand loop. Foto: Reuters

Wong (71) reageer op 26 November 2025 nadat hy gesê het sy vrou is vasgevang in 'n groot brand in die Wang Fuk Court-kompleks in Tai Po, Hongkong. Foto: Reuters

Lego-portrette van die voormalige president George Washington en pres. Donald Trump van Amerika word op 1 Desember 2025 gesien naas versierings in die Groen Kamer tydens ’n voorskou van die Withuis se Kersversierings in Washington DC. Die tema vir vanjaar se versierings is “Home Is Where The Heart Is”. Foto: Getty Images

Lede van die publiek, insluitend aktiviste van die groep NYC (dis)Order of Sisters, kom op 1 Desember 2025 vir Wêreldvigsdag byeen by die New York City AIDS Memorial. Die geleentheid, bekend as die “Out of the Darkness”-kersligwaak en -mars, vind plaas terwyl ongeveer 1,2 miljoen mense in Amerika met MIV leef. Foto: Getty Images

Pres. Donald Trump (links) van Amerika praat op 2 Desember 2025 op ’n kabinetsvergadering in die Withuis in Washington DC terwyl Pete Hegseth, minister van oorlog, toekyk. 'n Kongresondersoek is begin rakende Hegseth se rol in die militêre aanvalle op bote langs die kus van Venezuela. Foto: Getty Images