2025 DEUR DIE LENS | Suid-Afrikaanse oomblikke verewig deur Netwerk24-fotograwe

Saamgestel en uitgelê deur Deon Raath

Van politieke dramas en sportoomblikke tot moord en hofintriges. Van oorweldigende vreugde tot trane – Netwerk24 se talentvolle fotograwe vang die grootste nuusoomblikke vas met hul kragtigste foto’s van die afgelope jaar.

Jaco Marais

Kaapstad

Theo Jeptha

Kaapstad

Mlungisi Louw

Bloemfontein

Lulama Zenzile

Gqeberha

Melinda Stuurman

Johannesburg

Deaan Vivier

Pretoria

Edrea du Toit

Rapport, Kaapstad

Elizabeth Sejake

Rapport, Johannesburg

Koningin Cynthia Triegardt, vrou van koning Khoisan SA, sal onthou word as ’n leier wat haar onvermoeid beywer het vir die erkenning van die Khoi- en San-mense se tale en hul reg op grond. Christian Martin, ’n Khoi-en-San-aktivis van die Oos-Kaap, het haar ná haar begrafnis só beskryf. Triegardt (54) is op 10 Januarie dood in ’n motorongeluk op die N9 tussen Noupoort en Colesberg in die Noord-Kaap. Sy is op 1 Februarie ter ruste gelê in ’n tradisionele begrafnisplegtigheid op ’n berg in die Van der Kempskloof-reservaat in Gqeberha. Foto: Lulama Zenzile

Louis Liebenberg en sy vrou, Dezzi, groet mekaar by die hofselle voordat hulle saam met sewe medebeskuldigdes in die landdroshof in Bronkhorstspruit verskyn op aanklagte van geldwassery, rampokkery en bedrog. Die ontmoeting by die selle het gelei tot ’n ondersoek na voorkeurbehandeling van die betrokke gevangenes. Foto: Deaan Vivier

Reinhardt Leach (links) is in Maart in die hooggeregshof in Gqeberha 25 jaar tronkstraf opgelê weens die moord op Vicki Terblanche. Sy is op 18 Oktober 2021 dood nadat Leach, met wie sy in daardie stadium ’n verhouding gehad het, vir haar ’n gedokterde drankie gegee het. Die hof het bevind sy is weens ’n oordosis dwelms dood. Die foto is geneem toe Leach op 5 Februarie 2025 in die hof verskyn het. Foto: Lulama Zenzile

Die oorskot van die 14 Suid-Afrikaanse soldate wat in gevegte in die Demokratiese Republiek die Kongo gesneuwel het, is op 13 Februarie by die Swartkop-lugmagbasis in Centurion aan hul families oorhandig. Foto: Deaan Vivier

Verskeie paaie is op 19 Februarie weens volgehoue ontwrigtende reën en oorstromings in Gauteng, Noordwes en Limpopo gesluit. In Centurion is verskeie paaie met laagwaterbrûe gesluit. Foto: Melinda Stuurman

Die hof het op 6 Maart ’n ondersoek ter plaatse in die Middelpos- informele nedersetting by Saldanha gedoen, waar die vermiste Joshlin Smith saam met haar ma, Kelly Smith, en dié se destydse kêrel, Jacquin Appollis, gewoon het. Foto: Jaco Marais

Op 11 Maart het 16 mense hul lewens verloor en minstens 41 is beseer toe ’n Ekurhuleni-bus op die R21 omgeslaan het. Foto: Melinda Stuurman

Voetgangers steek die Matanzima-brug in Kariega in die Nelson Mandelabaai-metro oor wat tydens oorstromings in Maart ineengestort het. Foto: Lulama Zenzile

Die Brasiliaanse danser Erika Januza van die Afro-Rio-groep was op 15 Maart ’n groot gunsteling by die jaarlikse Kaapstad-karnaval in Groenpunt. Die karnaval se tema was “WowZA”. Foto: Jaco Marais

Elizabeth Chimedza, leier van die St. Dominic's Catholic School for Girls se senior dresseerspan, is op 16 Maart op haar tuisveld in Boksburg in aksie by die eerste GMCA-kompetisie van die seisoen. Foto: Deaan Vivier

Adj.pres. Paul Mashatile (geel hemp) het op 21 Maart saam met die minister van sport, kuns en kultuur, Gayton McKenzie, en die Oos-Kaapse premier, Oscar Mabuyane, die Menseregtedagvieringe by die Derrick Ferreira-stadion in Kariega, Oos-Kaap, bygewoon. Foto: Lulama Zenzile

’n Hawelose man bad op 28 Maart in ’n kanaal naby die GrandWest-casino in Kaapstad. Dieselfde oggend het leerlinge van Bellville-Suid en personeel van die casino die kanaal skoongemaak. Foto: Theo Jeptha

Die DarkFest-bergfietskompetisie het op 10 April ’n opedag vir die publiek op die Vuurberg-wynplaas in die Helshoogtepas gehou. Dis een van die mees ekstreme afdraande byeenkomste met spronge wat deur beroepsbergfietsryers aangedurf word. Foto: Jaco Marais

Kardinaal Stephen Brislin lei op 23 April ’n roudiens in die Katedraal van Christus die Koning in Johannesburg ná die afsterwe van pous Franciskus twee dae tevore. Foto: Melinda Stuurman

Sy hét Nada-Jane Challita verdrink, het die gewese kleuterskoolonderwyseres Amber Lee Hughes in die hooggeregshof in Johannesburg beken. Dit het sy gedoen deur in die bad bo-op die vierjarige dogtertjie van haar kêrel te sit sodat haar 15 kg-lyfie heeltemaal onder die water gedompel was. Op die foto kyk Elie Challita, Nada-Jane se pa, na Hughes tydens die hofverrigtinge op 24 April. Foto: Melinda Stuurman

Die voertuig waarin drie polisiebeamptes van die Vrystaat op 1 Mei verongeluk het, word ná ’n lang soektog uit die Hennopsrivier in Centurion gehaal. Die motor is naby die N1-brug gevind waar dit die pad verlaat het. Foto: Deaan Vivier

Twee Harvard-vliegtuie doen op 3 Mei kort voor sonsondergang hul finale verbyvlug gedurende die Suid-Afrikaanse Lugmagmuseum se jaarlikse lugskou. Dis gehou by die ou Swartkop-lugmagbasis in Centurion. Foto: Deaan Vivier

Sykes Fouche en Siyabonga Motaung ding op 24 Mei mee om die bal gedurende ’n vriendskaplike sokkerwedstryd op ’n oop veld in die Kameeldrift- informele nedersetting noord van Pretoria. Die Betereinders-organisasie het die "Refuse to Flee"-townshipwedstryd gereël om gesonde verhoudinge oor kleurgrense heen te bou. Foto: Deaan Vivier

Khanya Sibanda (6) sit op 5 Junie by haar pa, Trevor, nadat sy in die Nelson Mandela-kinderhospitaal in Johannesburg rekonstruktiewe chirurgie aan haar skedel ondergaan het. Sy was een van 23 kinders wat gedurende die eerste week in Junie met ondersteuning van die Smile-stigting behandel is. Foto: Deaan Vivier

Sneeu lê op 11 Junie op die berge by Matatiele in die Oos-Kaap. Foto: Elizabeth Sejake

Taleza Janse van Rensburg, suster van die vermoorde boer Nicci Janse van Rensburg, omhels op 11 Junie die staatsaanklaer, adv. Norman Makhubela, nadat haar broer se drie moordenaars in die hooggeregshof in Polokwane skuldig bevind is. Nicci het op Roedtan in Limpopo geboer. Foto: Deaan Vivier

Die Universiteit Stellenbosch het op 20 Junie hul nuwe kanselier, Lesetja Kganyago, in die Endler-saal ingehuldig. Foto: Jaco Marais

Die wêreld se grootste vraghouerskip, die ‘MSC Nicola Mastro’, vaar op 3 Julie die Ngqura-hawe naby Gqeberha binne. Foto: Lulama Zenzile

Morné van den Berg, skrumskakel van die Springbokke, duik op 5 Julie oor die doellyn vir 'n drie in die toets tussen Suid-Afrika en Italië op Loftus Versfeld in Pretoria. Foto: Deaan Vivier

Op 9 Julie is ’n klopjag in die Kgosi Mampuru-gevangenis in Pretoria gedoen om onwettige goedere te konfiskeer. Foto: Elizabeth Sejake

Tydens 9 Julie se klopjag op die Kgosi Mampuru-gevangenis in Pretoria is selfone, selfoonlaaiers, dwelms en verskeie skerp voorwerpe gevind en verwyder. Foto: Melinda Stuurman

Gevangenes word aangesê om plat op die grond in 'n sel te lê tydens die klopjag van 9 Julie op die Kgosi Mampuru-gevangenis in Pretoria. Foto: Elizabeth Sejake

Tiffany Meek (31), ma van Jayden-Lee Meek (11), verskyn op 18 Julie in die landdroshof in Roodepoort op aanklagte van moord, regsverydeling, crimen injuria en poging tot regsverydeling. Foto: Melinda Stuurman

Gemeenskapslede betoog op 18 Julie buite die landdroshof in Roodepoort waar Tiffany Meek (31), ma van Jayden-Lee Meek (11), verskyn. Die gemeenskap het borgtog teengestaan. Foto: Melinda Stuurman

Vir die eerste keer in byna 30 jaar werk Suid-Afrika se twee voorste klassieke balletmaatskappye, Kaapstad Stadsballet en Joburg Ballet, saam om ‘Swanemeer’ op te voer. Die opvoerings het van 25 tot 27 Julie in die Kaapstadse Internasionale Konferensiesentrum plaasgevind. Foto: Jaco Marais

Op 26 Julie, tyfdens die EFF se 12de bestaansjaarvieringe in die Khayelitsha-stadion, sing Julius Malema, leier van die EFF, die lied “Shoot to Kill”. Foto: Theo Jeptha

Die Universiteit van die Witwatersrand maak op 2 Augustus bekend dat hy gereed is om sy Rhisotope-projek kommersieel beskikbaar te stel. As deel van hierdie projek het Wits radioaktiewe stof in renosterhorings ingespuit om stropery te bekamp. Foto: Elizabeth Sejake

Amy Johnston, wyle Nada-Jane Challita se ma, gluur op 7 Augustus haar dogter se vermeende moordenaar aan vanuit die galery in die hooggeregshof in Johannesburg. Agter haar is Marwan Fallah en Elie Challita, Nada-Jane se pa, sigbaar terwyl Amber Lee Hughes se regspan betoë lewer voor uitspraak. Foto: Deaan Vivier

Die vermeende diamantbedrieër Louis Liebenberg is op 7 Augustus na die distriksgeneesheer geneem vir ’n ondersoek na sy fisieke en geestesgesondheid. Liebenberg se bravade die vorige dag in die hof het groot drama veroorsaak toe die landdros hom telkens moes berispe omdat hy nie die hof gerespekteer het en hom by die borgtogverrigtinge bepaal het nie. Sy het hom eindelik kortgeknip en die ondersoekbeampte, kol. Danie Bruwer, beveel om hom na die distriksgeneesheer te neem om te bepaal of hy die hofverrigtinge verstaan. Foto: Elizabeth Sejake

Oluthando Nkosinkulu (7) van die Laerskool Hankey het die wêreld verstom toe hy vir sy skool se rugbyspan uitdraf ondanks die feit dat hy net een been het. Olo, soos hy liefderik in sy skool bekend staan, het verder beïndruk deur in sy heel eerste rugbywedstryd ’n drie te druk. Hier duik hy op 19 Augustus met die bal. Foto: Lulama Zenzile

Simone Botha (25) van Happy Valley in Blackheath vertel op 20 Augustus aan Rapport hoe haar ekskêrel uit wraak 'n seksueel eksplisiete video van haar op Facebook geplaas het. Hy het dit via haar eie Facebook-profiel gedoen sodat al haar vriende en familie dit kon sien. Foto: Edrea du Toit

Die Suid-Afrikaanse vlag wapper tydens ’n Rugbykampioenskap-wedstryd tussen Suid-Afrika en Australië op 23 Augustus in die DHL-stadion in Kaapstad. Foto: Jaco Marais

Hennie le Roux, regsverteenwoordiger van Peter de Villiers, gee sy kliënt op 28 Augustus buite die streekhof in Malmesbury ’n drukkie ná die uitspraak gelewer is dat De Villiers ’n vry man is. Die voormalige Springbokafrigter is onder meer van seksuele aanranding en crimen injuria aangekla. Foto: Theo Jeptha

Tracey Fourie van Gqeberha is in Augustus vir vyf dae ontvoer, maar danksy haar skerp waarneming en flinke denke is sewe mans sedertdien in hegtenis geneem. Sy en haar lewensmaat, Dean Bremner, het op 2 September met Rapport oor hul beproewing gepraat. Foto: Elizabeth Sejake

Damian Willemse ding met Rodrigo Isgró van Argentinië mee om die bal op 7 September. Die Springbokke het die Poemas met 67-30 afgeransel in dié Rugbykampioenskap-toets in die Hollywoodbets Kings Park-stadion in Durban. Foto: Theo Jeptha

Van die meer as 700 nuwe lede van Kaapstad se metropolisie en verkeerspolisie tydens hul uitpasseringsparade op 9 September in die Athlone-stadion in Kaapstad. Die rekrute het 18 maande se intensiewe opleiding ondergaan en is in die Kaapstad-metro ontplooi. Foto: Jaco Marais

Die toneel waar Halle Laban, ANC-raadslid van Middelpos in die Noord-Kaap, op 12 September doodgebrand het in haar sinkhuis wat sy met haar kêrel gedeel het. Haar niggie Sylvia en neef Dolf Laban het die toneel besoek. Foto: Edrea du Toit

Inwoners van die Gate 7- informele nedersetting versper Voortrekkerweg tussen Jakes Gerwel-rylaan en 18de Laan in Kaapstad op 15 September as deel van ’n betoging oor swak dienslewering. Die inwoners het basiese dienste soos water, krag en sanitasie van die Kaapstad-metro geëis. Foto: Jaco Marais

Lydia Bochili, ’n inwoner van Odendaalsrus, kook pap op 16 September buite haar woning. Die Vrystaatse regering was dié dag besig met ’n veldtog om noodsaaklike dienste aan die gemeenskap te lewer. Bochili het nog nooit krag of lopende water in haar huis gehad nie. Foto: Mlungisi Louw

Helen Zille by die geleentheid op 20 September by die Eyethu-winkelsentrum in Soweto waar die DA haar amptelik as sy burgemeesterskandidaat vir die Johannesburg-metro aangewys het vir die munisipale verkiesing in 2026. Foto: Elizabeth Sejake

John Steenhuisen, DA-leier en minister van landbou, saam met Solly Msimanga, DA-leier in Gauteng, op 20 September waar Helen Zille as die DA se Johannesburgse burgemeesterskandidaat aangewys is vir volgende jaar se munisipale verkiesing. Foto: Elizabeth Sejake

Mnombo Zwelendaba van Griekwas hou die Curriebeker-trofee saam met sy spanmaats omhoog nadat Griekwas die eindstryd teen die Leeus op 20 September op Ellispark in Johannesburg gewen het. Dis die vierde keer dat Griekwas die trofee wen; die laaste keer voor dit was in 1970. Foto: Deaan Vivier

Laurika Rauch tree op 20 September op by die uitverkoopte Afrikaans is Groot 100-konsert in die DHL-stadion in Kaapstad. Konsertgangers het die room van die Suid-Afrikaanse musiekbedryf op die verhoog gesien. Foto: Jaco Marais

22 September: Inwoners van Coronationville in Johannesburg sukkel met waterprobleme, ondanks beloftes van Dada Morero, burgemeester van die Johannesburg-metro, dat die water binnekort weer sal vloei. Gayton McKenzie, minister van sport, kuns en kultuur, het ingegryp en watertenkwaens na die gemeenskap gestuur om die waterkrisis te verlig. Foto: Melinda Stuurman

Julius Malema, EFF-leier, verskyn op 29 September in die streekhof in Oos-Londen. Hy is skuldig bevind in die vuurwapensaak teen hom, terwyl Adriaan Snyman, sy medebeskuldigde, onskuldig bevind is. Foto: Lulama Zenzile

Tommy O’Brien van Leinster gryp Stravino Jacobs van die Bulle om die nek terwyl albei spelers om die bal meeding tydens die Verenigde Rugbykampioenskap-wedstryd tussen dié twee spanne op 4 Oktober op Loftus Versfeld in Pretoria. Foto: Deaan Vivier

Op 12 Oktober is ’n staatsbegrafnis vir Nathi Mthethwa (58) by die Siyabonga Sangweni-sportkompleks in Kwambonambi, noord van Richardsbaai in KwaZulu-Natal, gehou. Mthethwa, Suid-Afrika se ambassadeur in Frankryk, was onder meer minister van veiligheid en sekuriteit (2008-’09), polisie (2009-’14), kuns en kultuur (2014-’19), en van sport, kuns en kultuur (2019-’23) voordat hy in 2024 as ambassadeur aangestel is. Hy is op 29 September dood nadat hy van die 22ste verdieping van ’n hotel in Parys, Frankryk, geval het. Foto: Lulama Zenzile

SboNdaba Dance se ‘In Search of Our Humanity’ neem op 13 Oktober die gehoor by die Woordfees in Stellenbosch op ’n emosiebelaaide reis deur Suid-Afrika se evolusie en groei. Die dans vier die land se kultuur, veerkragtigheid en gedeelde menslikheid deur middel van beweging en gebare. Foto: Jaco Marais

Reinhardt (Babyface) Buys (16) van die Hoërskool Jim Fouché in Bloemfontein kniel in ’n biddende posisie in die kryt terwyl noodpersoneellede die bokser Savva Kambanis probeer bybring, wat hy op 17 Oktober uitgeslaan het. Hy het later aan Netwerk24 gesê dit was die eerste keer dat hy iemand uitslaan dat sy oë omrol in sy oogkasse. Foto: Mlungisi Louw

Hermalise Wenn (39) se familie is in rou gedompel ná haar dood in ’n voorval van geslagsgeweld op 19 Oktober. Wenn, van Elsiesrivier, se man is in hegtenis geneem, terwyl haar driejarige seuntjie nog wag dat sy huis toe kom. Haar 16-jarige seun se laaste herinnering aan sy ma is toe sy hom verseker het “alles gaan oukei wees” nadat hy probeer het om haar lewe te red. Van links is haar pa, Herman Wenn, niggie, Lee-Ann Stander, en suster, Carmen Kock. Foto: Edrea du Toit

Lede van die media kry op 21 Oktober by Bloubergstrand ’n voorsmakie van die 31ste Kaapstadse Internasionale Vlieërfees, wat daardie naweek op die Youngsfield-weermagbasis in Ottery gehou is. Die tema van die fees, wat deur Cape Mental Health gereël is, was #MoedOmTeVlieg. Foto: Jaco Marais

Die geskokte ouers van Blake Klink, ’n 14-jarige gr. 7-leerling aan die Belvue Primary School in Belhar, Kaapstad wat homself op 3 Oktober om die lewe gebring het nadat hy na bewering geboelie is, praat op 24 Oktober oor sy dood. Foto: Edrea du Toit

’n Traan loop oor Vuyiswa Joyce Leeuw (30) se wang op 27 Oktober toe sy die oomblik herroep toe haar dogtertjie, Katleho Leeuw (3), se lyk in ’n digte bos gevind is. Vuyiswa, wat vyf maande swanger is, het na bewering die dag ná haar dogtertjie se begrafnis die reg in eie hande geneem en Katleho se vermeende moordenaar se seuntjie vermoor en sy lyk weggesteek. Sy is tans in aanhouding. Foto: Mlungisi Louw

’n Branderplankryer maak op 31 Oktober vroegoggend gereed om die see aan te durf by Surfers Corner in Muizenberg. Foto: Jaco Marais

’n Emosionele Michael Damons (61) kom op 1 November op die Mighty Men-byeenkoms in die Athlone-stadion in Kaapstad tot bekering. Angus Buchan het dié dag talle mans toegespreek en hul harte aangeraak, en ’n gebed vir die burgemeester van Kaapstad gedoen. Foto: Theo Jeptha

Oudpres. Thabo Mbeki was op 2 November die hoofspreker by ’n byeenkoms van die ANC-veteraneliga wat in die Nelson Mandelabaai-stadion gehou is. Foto: Lulama Zenzile

Gemeenskapslede van die Glen-nedersetting buite Bloemfontein sing op 20 November by die graf van Onkarabetse Leeuw (5). Sy graf is langs dié van sy niggie, Katleho Joy Leeuw, wie se lyk op 25 Oktober gevind is. Foto: Mlungisi Louw

Rethabile Leeuw (20) hou op 20 November haar dogtertjie, Busisiwe Leeuw, vas terwyl die kis van haar vermoorde seuntjie, Onkarabetse Leeuw (5), in sy graf laat sak word. Foto: Mlungisi Louw

In verskeie dele van Johannesburg is paaie en sypaadjies herstel en nuwe verkeersligte opgerig as deel van voorbereidings vir die G20-beraad wat op 22 en 23 November in die Nasrec-konferensiesentrum gehou is. Onder meer is die Goue Hoofweg, wat by die N1-snelweg aansluit, weer geteer. In die Johannesburgse middestad, naby Eloffstraat, het ’n ander toneel afgespeel waar wetstoepassers beslag gelê het op die goedere van onwettige straatverkopers. Foto: Melinda Stuurman

Die vermeende misdadiger Vusimuzi (Cat) Matlala verskyn op 26 November in die Kgosi Mampuru II-gevangenis voor die parlementêre ad hoc-komitee wat polisiekorrupsie ondersoek. Matlala is na bewering deel van die sogenaamde Groot Vyf-sindikaat wat glo wetstoepassingsagentskappe geïnfiltreer het. Foto: Melinda Stuurman

Busisiwe Leeuw (6) kyk op 4 Desember na ’n foto van haar boetie, Onkarabetse Leeuw (5), op ’n selfoonskerm. Die vermoorde Onkarabetse se lyk was in daardie stadium steeds soek. Dit is die enigste foto wat die familie van die seuntjie het. Foto: Mlungisi Louw